top of page


Die eerste sitkom in Afrikaans.
In Mei 1988 word die eerste sitkom in Afrikaans uitgesaai: ORKNEY snork nie! Vervaardig deur Willie en Pieter Esterhuizen (oorspronklik van Orkney in die ou Wes-Transvaal, vandag Noordwes-Provinsie) was die TV-reeks 'n groot sukses en altesaam 52 episodes en 2 films sien die lug.
T-hemde...
Ek (Anrich) het die rol van Wimpie van Tonder vertolk, en het by Pieter en Willie toestemming gekry om van die snaaksste sê-goed uit ORKNEY snork nie! op T-hemde (en hopelik binnekort nog produkte) te verewig. Ons reeks T-hemde is van top kwaliteit gekamde katoen, word plaaslik vervaardig en is ontwerp om jou te laat lag, te laat onthou en te laat lekkerkry.

Gaan volg ons op Instagram.
bottom of page
